Posted on
26 August 2009
Tarkastad se VLV Kookkuns sameroepsters Annie Griebenouw het 'n baie interessante vergadering aangebied oor Indiese geregte, gebruike en tradisies. Sharon Ryan het as spreker opgetree en 'n demonstrasie gelewer oor verskillende geregte naamlik:
Tandoori Chicken, Beef Curry, Roti (handmade bread), Soji (semolina Pudding)asook Sambals soos Katcha (raw) Tomato Chutney, Raita (yogurt), Pudina (mint) Chutney en Carrot Salad (Indian style). Tydens die demanstrasie het sy van die verskillende speserye wat in Indiese geregte gebruik word verduidelik en voorbeelde omgestuur waaraan die vroue kon ruik en proe.
Sharon het ook die gebruik van 'n sari verduidelik terwyl sy haar eie duursame trou sari (van R30 000) om Annie Griebenouw gedrapeer het. Die sari is so duur omdat dit handgemaak is en goud daarin geweef is. Die skoonouers van 'n bruid gee vir die bruid 'n sari op haar troudag om aan te trek.
Na die demonstrasies het die vroue heerlik gesmul aan die Indiese geregte. Hulle het egter verkies om met 'n teelepel te eet, aangesien die Indiese manier om met die hand te eet, net te moeilik was.

Annie Griebenouw, Sharon Ryan en Sonna Kitching tydens die kos demonstrasie

Sharon Ryan en Annie Griebenouw vertoon hul sari's