Posted on 27 August 2009

OPENBARE SAKE : O.l.v RETHA-JANE BUYS

 

Chael Terblanche ‘n ouditeur het die lede vertel van al die nuwe belasting aanpassings.  Hy moedig lede aan om liefs ‘n kundige te verkry omdat elke opgawe verskil en jy tog nie moet probeer om Jan Taks te ontwyk nie.

 

James van Mr. Video verskaf inligting oor video en c.d. roof wat ongelukkig meer belowend as die rolprentbedryf geraak het.  Die maak van kopieë knou die kunstenaars en die bedryf.

 

Die skynhof het ‘n tipiese hofsaak tussen klaagster en verweerder uitgebeeld.  ‘n Prokureur Kathy Penderis was die regter.  Matrone van 7 de Laan (Retha Buys) het Hilda (Petro Spangenberg) vir naamskending voor die hof gedaag.  Die aanklaer Sonja Hayes was so streng dat Hilda die regter sommer U majesteit genoem het.  Die prokureur vir die verdediging, Hessella Nel het met die noem van die tien gebooie gemoedere gekalmeer en die saak is in kalmte en in goeie gees geskik.

 

 

Bessie Kriek

Comments are closed