Posted on 29 September 2009

LEEFSTYL / LIFESTYLE:

Hierdie kom uit die sirkels en is nie by kongres gedoen nie, omdat dit vervang is met H&H en die webwerf.

 

Styl en modeneigings by die beplanning van ‘n moderne leefruimte:

 

Algemeen:

·        Mostly retired members that scaled down with no extra money to have a modern living pattern make do with what they have.

·        Modernise with what you have, because nowadays odd and new complement each other.

·        Verminder binnemure om oop ruimte te skep.

·        Groepeer meubels en plaas weg van mure.

·        Muur tot muur matte is uit.

·        Teëls van klei, marmer, plankvloere is in.

·        Koue, blink vloere in kontras met ‘n dik wolmat of  Persiese matte is treffend en modieus.

 

Die portaal:

·        ‘n Portaal is baie belangrik, want die eerste indrukke is blywend.

·        Groepeer portrette, skilderye en ornamente.

·        Maak soveel moontlik gebruik van spieëls om die idee van ruimte te skep.

 

Gordyne:

·        Tossels en gordynstokke is in.

·        Gordynkappe is uit.

·        Vervang gordyne met houtblindings.

·        Kantgordyne is uit – laat soveel lig en lug moontlik in die vertrek in.

 

Slaapkamers:

·        Jou slaapkamer moet luuks wees – veral jou beddegoed.

·        Baie kussings en krale.

·        Nagvalle is uit.

·        Hout en chroom is in die mode.

·        Kontras is in: tekstuur van mure, mosaïek, stene, klippe, groot afdrukke of panele of behangsels.

 

Badkamers:

·        Wit baddens en wasbakke is in. Vervang dit of verf dit met ‘n spesiale verf.

 

Kombuise:

·        ‘n Gesellige eethoekie in die kombuis is ‘n moet.

·        As jy ‘n ruim kombuis het, verberg jou mikrogolf, yskaste, skottelgoedwasser, ens. agter deure.

·        Alle kaste tot teen die plafon.

·        Kombuiskaste met rollerlaaie is in en is baie gerieflik.

·        Moet ‘n agterdeur wees met ‘n versteekte vullisdrom.

 

‘n Waskamer met ‘n reling om strykgoed op te hang is ‘n noodsaaklikheid.

 

BEPLAN, MEUBILEER EN VERSIER JOU HUIS, SODAT DIT BY JOU BEHOEFTE EN PERSOONLIKHEID PAS. DIT IS JY WAT DAAR WOON EN WERK EN NIE DIE BINNENSHUISVERSIERDER OF JOU VRIENDIN NIE.

Comments are closed