Posted on 18 October 2009

Britstown het VLVK se verjaarsdag behoorlik gevier.

 

 

Ons erelid, Anitha Blomerus, vier haar 45ste jaar as lid, en sy het hulde gebring aan VLVK, ‘n merkwaardige dame wat nooit oud word nie.

 

 

 

Van die lede was geklee in rokke “uit Ouma se klerekas” en almal het aangesit by tafels wat elkeen uniek gedek was met “Ouma se goed”.

 

 

"Cheers"op 80 jaar!

 

 

 

 Yvonne Gentle, Sunel van Rensburg en Marinda van der Merwe

 

 

 

Die wentafel

 

Die volgende het ons oggend ingekleur en van dit iets spesiaals gemaak:

• Ons is op ‘n besonderse en unieke  wyse ingelig hoe om tuinvoëls na ons tuine te lok.
• Ons het geleer van die leefstyle en modes tussen die twee wêreldoorloë.
• Van die lede het ook met ons gedeel watter belangrike rol die VLV in hul lewens gespeel het.
• Die plaaslike kliniek en hospice werker het hul dank uitgespreek aan die VLV wat sagte handgemaakte speelgoed vir getraumatiseerde kinders gemaak het.
• Hierdie geleentheid het ook tot die fondse van Huis Dhaneel bygedra.

 

Mag VLVK nog haar volle potensiaal bereik in die jare wat kom.

Comments are closed