Posted on 21 October 2009

Ter viering van VLVK se 80ste verjaardag, het Hopetown tak (Kimberley & Distrik Sirkel) 'n oggendtee gehou.  Verskeie lede het as gasvroue opgetree en die sowat 80 gaste onthaal met pragtig versierde tafels en die heerlikste eetgoed.  Carin Brits, wat alreeds byna 30 jaar lank lid is, het die doelstellings van VLVK uitgelig en ook vertel watter bydrae VLVK tot ons plaaslike gemeenskap lewer.  Sy het die heildronk op VLVK ingestel en daarmee saam ons ook ons tak se 76ste bestaansjaar gevier. 


Karien Jordaan het as gaskunstenaar opgetree en weggetrek met liedjies so reg in ons kraal - almal oor sterre!  Daarna het sy 'n treffende praatjie gelewer oor wat 'n mens werklik wil hê en hoe om die slegte en lelike in jou lewe te vervang met mooi dinge.  Na 'n prystrekking het Karien Jordaan weereens vir ons gesing, onder andere van die liedere wat sy self geskryf het en meninge vrou se hartsnare geroer.


Al die vroue het huis toe gegaan met 'n nuwe idee van VLVK, nuwe entoesiasme vir die lewe en natuurlik die ongenooide kilojoules!


Hartlik geluk VLVK met 80 jaar!  Ons sien uit na nog vele jare!

 

 Carin Brits se pragtige tafel

 

  Anso Brits se tafel

 

 Annemarie Jovner se tafel

 

 Gaste by die Oggendtee

 

 Johan (klankman), Madeleine Gerrits, Petro Engelbrecht (pianis), Carin Brits, Karien Jordaan (gaskunstenaar)

Comments are closed