Posted on
23 October 2009
Tydens die opening het Hester Louw vir Langehoven aangehaal: Hy het gesê die ou manier is maar die beste anders sou hy nie kans gehad het om oud te word nie. Die manier waarop die VLV 80 jaar gelede met groot waagmoed gestig is, die wyse waarop dit ontwikkel het, het die kans gegee om te groei, staande te bly en steeds die beste te wees.
Langenhoven het ook gesê: "Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was, aan 'n oue of dit 'n goeie wamaker was!" Destyds is VLV gestig soos 'n blink geskilderde nuwe wa vol hoop dat dit sal hou. Vandag, met hierdie viering, het ons die bewys dat ons voorgangers goeie wamakers was.
ERELEDE DRINK HEILDRONK SAAM MET TAKVOORSITTER EN SIRKELPRESIDENT
vlnr: Esther Smuts, Muggie du Toit (voors.), Cora van Niekerk,
Dorothy du Plessis, Tinkie van Zyl en Louwna Hoving (sirkelpres.)

Een van die teetafels
