Posted on 23 October 2009

Intertak van Barrydale, Bonnievale, Robertson en Montagu


 

Op 17 Oktober 2009 het die bogenoemde takke by Bonnievale ‘n heerlike Intertak gehad wat ook terselfdertyd gedien het as die verjaarsdagparty vir die VLV se 80ste jaar.

 

Bonnievale se reëlings het glad verloop en die dag was ‘n fees. Bonnievale se kerstafels wat hulle gedek het was elkeen mooier as die ander. Gesina de Wet, Bonnievale se Voorsitter, het pragtige en heerlike kolwyntjies gebak vir almal.

 

Daar was oulike demonstrasies van hoe om tafels vir die kerstyd te dek, wat jy alles kan doen om geskenke te versier sonder om te duur te betaal, lieflike kolwyntjies wat in koppies en bekers gebak is vir geskenke, alternatiewe kersbome, pragtige tafelversierings en baie uitstallers met pragtige items om te koop.

 

Dit was voorwaar ‘n heerlike dag, dankie Bonnievale vir al julle moeite.

 

Montagu in voorgrond en Robertson op agtergrond doen die finale regtrek van die tafels voor die aanvang van die Intertak/verjaarsdagparty

     

 

 Montagu se verjaarsdagtafel vir VLV se 80ste verjaarsdag

 

 Bonnievale het kerstafels gedek as deel van die Intertak tema

 

Robertson het ‘n verjaarsdag tafel gedek met die potjie op die vuur

  

Bonnievale het die verhoog pragtig versier met die interessante stomp en balle


 

 Die vrouens geniet die eetgoed  met Montagu op voorgrond en Barrydale, Bonnievale en Robertson in agtergrond

Comments are closed