Posted on
25 October 2009
3 VLV vroue van Hofmeyer tak het reggestaan met etes tydens 'n Meganisasie Boeredag in die Hofmeyer distrik. Sowat 200 besoekers en 80 uitstallers het die geleentheid bygewoon en die dames was verantwoordelik vir alle etes.
Hier neem hulle lag-lag 'n blaaskans tussen die kospotte!
v.l.n.r: Isabelle Wilken, Annerine van der Merwe & Esta Jansen
