VLV Strand het die jaar op 17 November 2009 op ‘n hoogtepunt afgesluit. Tafels was feestelik gedek en 110 van ons 131 lede het die vergadering bygewoon. Dit was ook die tak se prysuitdeling.
23 Lede het 100% bywoningsertifikate ontvang.
Drie lede op foto het 50 jaar knopies ontvang. Marie Roux sluit in 1959 by Ceres tak aan, Maretha Badenhorst sluit in 1959 by Victoria-Wes tak aan en Gerrie van Zyl sluit in 1959 by Fouriesburg in die Vrystaat aan.
Rina Snyman ontvang ‘n 40 jaar knopie. Ena de Jongh, Kobie Slabbert, Lina Visser en Hester Gericke elk 30 jaar en 3 lede ontvang twintig jaar knopies.
Die erelede, oud voorsitters, beoordelaars en almal wat betrokke is by administratiewe werk van die tak is spesiaal bedank.
Ds. Freek Swanepoel, oud moderator van die Sinode van die NG Kerk bring ‘n besielende boodskap oor die Krag wat daar in die Hande van God is.
Nikodemus Olivier en Andrè Strydom, bekende operasangers bied ‘n 20 minute program aan, waarna die lede hul staande toejuig. Hulle sluit die program af met die bekende, “You raise me up”
Daarna word daar gesellig verkeer rondom die teetafels en keer almal tevrede huiswaarts, na nog ‘n mooi oggend en na ‘n vol jaar van VLV aktiwiteite.
Annemarie Skibbe

Arvida Lincoln oorhandig aan Patricia Loxton haar prys vir meeste punte gedurende 2009

Arvida Lincoln oorhandig Hannatjie Du Plessis se trofee vir tweede meeste punte gedurende 2009

Ena de Jongh, Kobie Slabbert, Lina Visser, Hester Gerecke ontvang 30 jaar lid knopies

Marie Roux, Maretha Badenhorst en Gerrie van Zyl ontvang 50 jaar lede knopies

Rina Snyman ontvang 40 jaar lid knopie

VLV Strand Bestuur
+en+alle+vergaderings+bygewoon!.jpg)
Voorsitter Maretha Badenhorst en Verena Looch (96). Sy het alle vergaderings bygewoon!