Posted on
05 January 2010
Al ooit gewonder hoe gesond dit is om soveel kilometers onder die aarde se oppervlak te werk?
Herman Wagenaar het lede van Kathu in Griekwaland-Wes toegespreek oor ‘Gesondheid in die myne van S.A.’. Ingeligte bronne is dit eens dat daar ‘n drievoudige pandemie onder mynwerkers woed -tuberkulose (sowat 1700 uit elke 100 000), silikose en HIV vigs (sowat 80% van alle mynwerkers). Hy het ook die voorkoms van asma en ander verwante longsiektes onder mynwerkers aangeraak. Die voorkoms van hartsiektes by mynwerkers is ook hoog, te wyte aan ‘n hoë inname van geprosesseerde voedsel.
Links na regs: Nelia Duvenhage, Annette Richter, Valorie Marx, Johanet Kruger, Santa Maritz, Hester Kellerman, Maureen Wagenaar en Herman Wagenaar.

Hester, Annette,en Johanet heerlik aan die smul!
