Posted on
04 February 2010
Dinsdag, 2 Februarie, word die eerste vergadering vir die jaar 2010 gehou en die bestuur besluit om die liefde te vier, aangesien ons in die liefdesmaand – Februarie - is. Ons vergader ook die eerste maal in die Overberg Agri-lokaal, ons nuwe venue. Ons hartlike dank aan Overberg Agri vir die beskikbaarstelling van die lokaal vir ons vergaderings voortaan.
Lede en gaste word getrakteer op die voordrag van Bea Visser en Elanie van Schalkwyk en Carin Groenewald demonstreer 3 maniere hoe om jou tafel vir jou valentyn te dek deur gebruik te maak van items wat elkeen in ons huis het. Ons hoef nie duur items te gebruik nie – kyk bietjie rond wat om ons is en gebruik dit.
Corrie Swart is die gelukkige wenner van die Swartwoudkoek wat uitgeloot is. Lede is gevra om ietsie rooi aan te trek vir die middag en elkeen se naam is in ‘n hoed gegooi. Ann Gunning is die gelukkige naam wat getrek is.
Die middag word afgesluit met ‘n voorlesing: “Uit die mond van die Suigeling oor die liefde” deur Lorraine du Toit, waarna almal heerlik verkeer met ‘n glasie rooi druiwesap en verversings.
.JPG)
Kolwyntjie-toring
.JPG)
Semi-formele tafel vir jou Valentyn
.JPG)
Formele tafel vir jou Valentyn