Posted on
22 February 2010
Annemarie Skibbe skryf. . .
Strand VLV tak het 'n Valentine’s aand gehou op 12 Februarie. Dit was 'n baie gesellige en mooi aand. Die tafels is pragtig versier en die drie minnesangers het die aand luisterryk vervrolik. Daar was soos bekend heerlik geëet en gesellig verkeer. Die wins het na die ACVV gegaan. Ons tak het tans 130 lede en oud en ouer werk ywerig en met 'n baie mooi gesindheid saam.
Op die eerste foto kan van die tafelversierings gesien word. Een van die sangers het in Susan Alberts se oor gesing (oor die luidspreker) en ons almal het gehoor!

Gilian Schoonees, Callie Skibbe en Christine Nolte was van die gaste wat die aand baie geniet het.

Hier sing nog een van die sangers 'n liefdeslied en Judy de Klerk, in die agtergrond, geniet dit terdeë.
