Posted on 18 March 2010

Die 58ste Konferensie van Sirkel Kaapstad, onder voorsitterskap van Sirkelpresident Rina Kotzé, is op 10 Maart 2010 aangebied deur Hottentots Holland.  Hierdie datum het saamgeval met die 25ste bestaansjaar van die gasvrou-tak. Al ses takke was verteenwoordig en die bywoning was goed.

 

Diensknopies, verteenwoordigend van jare wat wissel van 10 tot 65 jare, is uitgedeel.  Die onderskeie kompetisies was baie goed ondersteun en inskrywings van hoogstaande gehalte is ontvang van die onderskei takke.

 

Die hoofspreker, Angelika Alberts, van Reik na Herstel, het ’n baie insiggewende praatjie gelewer oor die herstelproses ná ‘n mastektomie.  Sy self is ’n vrywilliger by hierdie organisasie, wat bestaan uit vroue wat self chirurgie as gevolg van borskanker ondergaan het.  Die vrywilligers ontvang deeglike opleiding en bied praktiese hulp, asook emosionele ondersteuning aan diegene wat daarom vra.

 

’n Interessante demonstrasie oor die kweek van orgideë, aangebied deur Will Summerville, het die belangstelling in hierdie besondere faset van tuinmaak geprikkel. Reeds omdat die persepsie bestaan dat dit moeilik is en nie in ons Provinsie kan gedy nie. Wat nie waar is nie – hulle groei in feitlik alle wêrelddele en klimaatstoestande.

 

Dr. Agnes Crafford het die tema Reik na die Sterre beklemtoon in haar praatjie “Jou kind is my kind”.  Dit handel oor die opvoeding van die kinders in ons land wat elkeen van ons se verantwoordelikheid is.  Kinders het ook Sterre waarna hulle Reik en drome vir hulle toekoms.  Sy het dit benadruk dat elke vrou ’n plig het in hierdie enorme taak, al is ons eie kinders al volwassenes.

 

Mrs. Rina Kotzé, Cape Town Circle President, delivered her 7th Annual Report.  She gave a full report of the activities of the Circle.  The branches achieved the goals they set for themselves. Her message is:  We are surrounded by negativity in our daily lives, but the greatest evil of our time is apathy and the reluctance to take on responsibility.  Change is difficult and hard for everyone.  Change must happen within yourself before you can accept change in your organisation or community.  She encouraged members to have fun and enjoy the WAA and grow in knowledge and wisdom.

 

Ons kan met dankbaarheid getuig van ’n suksesvolle en aangename Konferensie wat ons trots maak om deel van die VLV te wees!
 
Audrey du Toit

 

Mev. Leta du Preez, uittredende Vise President handig oor aan die nuut verkose Vise President, Mev. Erna de Waal.

 

 

 

Dr. Agnes Crafford lewer 'n sterk pleidooi vir die opvoeding van ons kinders want "Jou kind is My kind".

 

 

Mev. Marian Walls (Voorsitter van die gasheer tak, Hottentots Holland), Mev. Rina Kotzé (Sirkel President:  Sirkel Kaapstad), Mev. Erna de Waal (verkose Vise President) en Mev. Leta du Preez (uittredende Vise President).

  

 

 Mnr. Will Summerville het die kweek van orgideë na kinderspeletjies laat lyk.

 

Comments are closed