Posted on 22 March 2010

De Aar tak se Maart vergadering was weer ‘n fees.

 

Hanlie du Plessis (Landbou en Tuinbou) stel die 2 bome van die jaar aan ons bekend. Alhoewel die bome glad nie in die Karoo aard nie, was dit baie interessant om meer daaroor te leer.

 

Kaapse Katjiepiering:  n aantreklike, kleinerige boom met roomkleurige blomme in die somer, die blomme ruik soet en dit dra ronde vrugte.  Hul ligging is van die kus van die Suid Kaap tot Noord Zoeloeland.
Tonga Kierie:  groei so 5,4m hoog en aard vanaf Zoeloeland tot Swaziland.  Hulle blom in Oktober en November.  Hul vrugte bly aan die kaal boom in die winter.  Die boom ruik baie sleg en word nie in digbewoonde gebiede aangeplant nie.  Die wortels word vir medisinale doeleindes gebruik.

 

Die Leefstyl dames, Ivonne Fourie en Hildegard van Zyl, demonstreer “Magic” appliek aan die lede.  Dit is ‘n papier wat aan albei kante gegom is.  Trek die ontwerp op die papier af, knip uit en stryk dit aan die lap vas.  Trek die papier af en sit die gomkant op jou agtergrond vas en stryk weer.  Werk die rand af met komberssteek.  Elke dame het ‘n voorbeeld gekry om op te oefen.  

 

Die laaste spreker was Kaptein Annemarie Jacobs van die SAPD, vir Openbare Sake van Nicolette Louw.  Sy het ons meer kom vertel van haar werk as vrou in die polisie.  Dit bied baie uitdagings en verantwoordelikhede.  Haar gesin is vir haar baie belangrik, want dit help om die stres van die werk te ontlaai.  Dit is baie belangrik vir ‘n vrou in die SAPD om ‘n goeie balans te handhaaf en die vroue in diens ondersteun mekaar baie.  Wedersydse respek tussen die SAPD en die publiek is baie belangrik.  Dit was baie duidelik dat sy gebore is om die werk te doen.

Comments are closed