Posted on
22 March 2010
Kimberley en Distrik se pas afgelope konferensie het plaasgevind op Hopetown - 10 en 11 Maart.
Marí Wilmans hou die trofee vir hoogste punt op konferensie (90% vir die Kersspel deur Pauline van Zyl van Kimberley-Wes), met trots vas - Marí is lid van Kimberley-Wes.
Langs haar staan Ansa van Heerden, vorige voorsitter van Barkly-Wes en oud Leefstyl saamroeper, wie die trofeë oorhandig het.

Anine Wiid demonstreer verskillende metodes om handdoeke in die gastekamers te vou en plaas, terwyl die voorsitter van Hopetown, Hettie Deysel, geamuseerd toekyk.

Ina Heydenrich het gewys hoe maklik dit is om 'n kaartjie te versier met akrielverf;
Arbeidsterapeut, Lizette Jacobs, het meer vertel van haar beroep en hoe ons, ons lewenskwaliteit kan bevorder;
Amanda Windt, van Starke-Ayres. het o.a. 'n kitsmetode gewys hoe om jou eie potplantmengsel te maak;
Ronel Visagie van die "Endangered Wildlife Trust" het deur middel van skyfies ons bekend gestel aan die Witkruisarende wat 'n ernstige daling in hul bevolking beleef a.g.v elektriese drade en bv. sprinkaangif. Dieselfde bekommernis bestaan ook oor die Klein Rooivalkies.;
Pastoor Marinda Munday het vertel van haar en haar man se feitlik onmoontlike taak om die weeskinders van Zambië, te leer lees in die 10 jaar wat hulle in die sendingveld was. Sy vertel dat daardie kindertjies en inwoners altyd blinkskoon op hulself was en nooit gebedel het nie. Sy se: “Wanneer ons op 'n vreemde pad moet gaan: Vertrou jou instink. Leef voluit,
en Vertrou God. "
Marí Wilmans, Sirkelpresident