Posted on 23 March 2010

Op 17 & 18 Maart het Sirkel Suid-Ooskus op Jeffreysbaai vergader om hulle 78 ste Sirkelkonferensie te hou. Die gasheertak was Jeffreysbaai en onder die leiding van die voorsitter, Mercia Üngerer, die bestuur en ywerige lede, het al die afgevaardigdes en waarnemers dit geniet, sowel as leersaam en opbouend ervaar.

 

 

OPENINGSREDE : MEV ELSA VAN ZYL

Ondervinding het geleer dat VLV-vroue is nie vroue wat hou van ‘n eentonige, onvervulde, afgesaagde lewe nie ! Daarom is hulle voortdurend besig om lede aan te spoor om hoër dinge te bereik – om te reik na die sterre!

 

 

Dit is vir jou alleen moontlik mits :

  • Jy ‘n intieme verhouding met jou Hemelse Vader het. Hy is daar om jou te help om ontelbare ander sterre te bereik, want Hy hou rekening met die gawes en talente wat Hy jou gegee het. Daarom vra ons Hom ook allereers om die regte drome in ons harte te gee.
  • Jy ‘n ideaal koester !  Dit is om nie net ‘n droom te hê nie, maar om ‘n droom te leef !

 

So het Monte Roberts van Amerika gedroom oor ‘n perdestoetery. Na ‘n opstel oor dié onderwerp en ‘n baie swak simbool, het die onder -wyser hom probeer beïnvloed om ‘n  ander onderwerp te kies om sodoende ‘n beter simbool te kry . Monte se antwoord was : Meneer , hou maar meneer se simbool, ek behou my droom. Monte is vandag ‘n wêreldbekende stoetperdteler !

 

 

Ons ‘n keuse maak : ons kan net sit en kyk na die sterre, of ons kan reik na die sterre. Die beeld waarop jy jou oë rig, sal jou lewe beïnvloed. As jy jou denke verander, kan God jou lewe verander. Voorbeelde uit ons samelewing is Natalie du Toit en Oscar Pistorius. ‘n Engelse spreekwoord lui: When you stop dreaming,you start dying !

 

  • Jy nuwe dinge doen! Begin ‘n nuwe stokperdjie, of doen staptoere, voëlkyk ens. met die een gedagte om jouself te geniet. 
  • Reik na die sterre ten spyte van struikelblokke en ervaar hoe God struikelblokke verander in wegspringblokke!!

 

 

GASSPREKER: MNR FONNIE DU PLOOY.

 

Sterre is deel van ons alledaagse lewe. So kom die sterretema voor in liedjies, spreekwoorde, voorspellings, vlae, graderings, gedigte ens., ens. Mense kan ook sterre in jou lewe wees. So was ‘n persoon saam in die hospitaal ‘n ster in die wyse waarop hy sy mede pasiënte opgebeur het. Hy het o.a gesê : As jy nie die sterre kan raak nie, raak dan die wolke !

 

 

Fonnie se vrou is die ster in sy lewe! Sy oupa was ‘n ster in sy lewe. Alhoewel hy nie ver geleerd was nie, het hy baie wysheid gehad. Op die vraag, hoe weet jy daar is ‘n God, het sy oupa geantwoord : Kyk na die sterre !

 

Saans, as hulle saam na die hemelruim opgekyk het, het sy oupa gesê “ Sien jy die Sewe susters – elkeen het ‘n boodskap”.

 

Eerste ster : Moenie bang wees nie -  Jes 41 : 10

Tweede ster : Wees altyd bly - Fil 4 :4

Derde ster : Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort - Ps 37 : 3

Vierde ster : Maar ‘n mens moet gelowig bid …  - Jak 1 : 6

Vyfde ster : Die liefde soek nie sy eie belang nie - 1 Kor 13 : 5

Sesde ster : Jy moet die Here jou God liefhê -  Mat 22 : 37

Sewende ster : Julle moet ander mense hulle oortredinge vergewe -  Mat 6 : 14.

Die drie konings : Geloof, hoop en liefde.

Suiderkruis : Die kruis op Golgota – Jesus wat vir my gesterf het.

 

 

 

PRESIDENTSREDE: MEV MERCIA ÜNGERER

Aan die begin van die jaar, moet ons onsself die volgende vrae vra :

Hoe gaan ek 2010 se VLV-jaar benader.

Hoe gaan ek my denke en idees verander.

Wat is dit wat ek anders sal moet doen, sodat ek aan die einde van die jaar kan terugkyk op ‘n suksesvolle jaar.

Die praktiese gevolge daarvan behels :

Hoe tree ek op in my verhouding teenoor my mede VLV lede.

Hoe reageer ek op die voor- en teëspoed in my vereniging.

Is ek bereid om ook my deel te doen al is dit onder moeilike omstandighede.

Is ek bereid om altyd my samewerking te gee, selfs al verskil ek van wat gedoen moet word.

 

Kom ons mik na die sterre, wees ‘n wellewende lid wat meer bewus is van haar voorregte as haar regte waarop sy kan aanspraak maak. Kom ons wees ‘n:  

  • ‘n Troetelvrou wat haar gesin koester en vertroetel.
  • ‘n Blymoedige vrou wat nooit moedeloos word en tou opgooi nie.
  • ‘n Omgee vrou wat haar naaste nooit sal verbyloop nie en altyd ‘n helpende hand sal uitsteek na diegene wat dit nodig het.
  • ‘n Raakvatvrou, vir wie se hande niks verkeerd staan nie en nie terugdeins vir uitdagings nie.
  • En bo alles, ‘n gelowige vrou wat haar Heer en Meester nooit vergeet nie.

 

  

KOMPETISIES : Takke het soos volg presteer :

 

Martha Swart beker : Borduurwerk : Loerie.

Elize Roth beker : Masjienwerk : Wittedrift

Embré Gouws beker : Breiwerk : Loerie               

Daisy Goosen beker : Hekelwerk : Humansdorp

Nola Crous beker : Weefwerk :       Loerie

Dalene Bosch beker : Handvlyt :     Loerie

Lucy Swart beker : Wisselafdeling : Humansdorp

Rachie du Preez beker : Kuns : Hankey

Pam Smith beker : Fyngebak :  Hankey

Anita v d Merwe beker : Preservering : Loerie

Iris Jones beker : Beste groei : Joubertina

Barbara Röscher beker : Beste takadmin. : Wittedrift

Sasko gebak : sertifikaat : Jeffreysbaai

Brief : sertifikaat : Hankey

Tafelgewigte : sertifikaat : Jeffreysbaai     

Embré Gouws beker : VLV-lid van die jaar : Mercia Üngerer

Bettie Randall beker : Meeste punte kook : Loerie

Jas Melville beker : Meeste punte naaldwerk : Humansdorp

Louisa Matthee beker : Tweede meeste punte : Humansdorp

Anna Bouwer beker : Meeste punte : Loerie

           

 

Elna Burger, Sekretaris Sirkel Suid-Ooskus

Comments are closed