Posted on
28 March 2010
Op die foto Annette Stander en Maretha Badenhorst Voorsitter van VLV Strand. Annette het die Saskokompetisie in sirkel Kaapstad verower.

Tydens die Sirkelkonferensie van Sirkel Kaapstad het VLV Strand se dames uitstekend gedoen in die verskillende kompetisies. Meeste punte algeheel, meeste punte naaldwerk, meeste punte in kookkuns en meeste punte in kunste- en handvlytafdeling. Die dames wat bekers verower het is voor van links na regs: Annelize Sieberhagen, Annette Stander, Patricia Loxton & Adelè Burger. Agetr vlnr.: Amelia Louw, Hannatjie du Plessis, Marie Bester, Leta du Preez en Clauda Colyn.

Maretha Badenhorst voorsitter van VLV Strand oorhandig 'n tjek vir R5000.00 aan Lea ter Haar, voorsitter van ACVV Strand.

Patricia Loxton met al die bekers wat sy verower het tydens Sirkel Konferensie Kaapstad. Sy is een van VLV Strand se flukse en begaafde lede. Sy het ook die einde van velede jaar met die tak se jaarlikse kompetisies die beker vir die meeste punte verower.
