Posted on
28 March 2010
Mev. Ina Opperman, gewaardeerde lid van VLV Uitenhage tak het by die afgelope vergadering haar knopie vir 60 jaar diens ontvang. Sy het in 1948 aangesluit en is nog steeds 'n aktiewe lid na 62 jaar!
Ina sê: "It has been a wonderful experience and one worth living for to belong to the WAA and to take part in its development throughout its many phases.
VLV is 'n groot krag in die opvoeding van volwassenes in ons land. Lede deel hul talente en kennis met mekaar en daardeur verryk hulle hulself en hul gemeenskap. Ek het geleer om kreatief te dink en dit stel my in staat om in moeilike omstandighede positief te dink en op te tree. Ek het telkens iets nuuts geleer en het oneindig baie praaktiese en bruikbare kennis opgedoen. So is my blik op sake van algemene belang verruim en my mensekennis verbreed en ek is gestimuleer tot selfverbetering en stagnasie is teengewerk. Ek het altyd ryker tuisgekom na 'n vergadering.
I learned to co-operate with all kinds of people as our members come from a large cross-section of our community. This leads to more tolerance of the other's point of view and in doing so helps to keep SA united, strong and great". (Uittreksel uit haar waarderende oorsig as lid van die Uitenhage-tak}
Voorsitter, Maria Slack, oorhandig aan Ina Opperman haar knopie vir 60 jaar diens.
