Posted on
30 March 2010
Vergadering 3 Maart 2010
Mev. Rika Scribante het ons kom toespreek oor: Hoe kan jy depressie voorkom. Sy het baie praktiese wenke gegee aan die hand van prentjies wat sy geteken het.
Die volgende punte is gevaartekens waarna jy moet oplet:
1. As jy belangstelling begin verloor in alles rondom jou.
2. As jou slaappatroon verander en jy sukkel om te slaap.
3. Toename of verlies in gewig.
4. Skuldgevoelens - jy voel skuldig oor die kleinste goedjies wat gebeur.
5. Jou selfbeeld is baie laag.
6. Jy verloor jou fokus
7. Fisiese aktiwiteite neem af en jy beleef baie angs.
8. Jy kry selfmoordgedagtes
Wat kan jy doen om aan te hou goed voel:
Neem aksie. Gaan soek na die positiewe dinge in jou lewe.
• Kyk Oos. Draai na die son. Dit spreek van nuwe lewe, dinge ens.
• Kyk Wes. Daar waar die son ondergaan en wees dankbaar vir alles aan jou geskenk.
• Kry en doen goed wat jou lekker laat voel.
• Staan op, stort en trek mooi aan, jy het potensiaal.

Christa Steyn, Saamroeper van Gesondheid en Rika Scribante - Kliniese sielkundige

Die mooi gedekte tafels van die "golden ladies" van die Gesondheidsgroep.

Kompetisie wenner - Dek 'n skinkbord vir 'n siek persoon.

'n Kers word aangesteek om die tak se 6de verjaarsdag te vier.
Op 6 Maart het ons tak pannekoek gebak by die Weskus Marathon. Dit was sommer 'n lekker "saamkuier en ken-mekaar-beter" oggend. Ons het 'n goeie wins gemaak, en die groot gat in ons fondse na die oorbetaling van affiliasie, weer halfpad gevul. Dit was veral lekker om te sien hoe die nuwe lede saam gewerk het.

Alida Nortje, Cecilia Gous en Hanlie van Heerden het lekker saamgewerk.

Die baksters in aksie.