Posted on 31 March 2010

Elsie Visser, sekretaresse van Nieuwoudtville tak, het nuus gestuur oor hulle tak se sukses tydens Konferensie.

 

Leana van Wyk, Elsie Visser en Heidi van Niekerk het Sirkel Namakwaland se Konferensie op Calvinia bygewoon,

 

Nieuwoudtville het 15 inskrywings gehad en teruggekeer huis toe met ‘n 1ste prys, ‘n 2de prys en 3 derde pryse.

 

Die eerste prys was ‘n gehekelde vensterversiering deur Mev. Mollie van Wyk, wat op 86-jarige ouderdom steeds nie ‘n duit terugstaan vir enige jong lid nie. Almal is baie trots op haar bydrae tot VLV, wat oor baie jare strek.

 

Nieuwoudtville tak het die 3de hoogste puntetotaal in Sirkel Namakwaland gekry.

 

Dankie Calvinia vir die lekker konferensie. Wel gedaan.

 

Comments are closed