78ste Konferensie – Weskus Sirkel
10 Maart 2010 – Gemeenskapsaal te Redelinghuys
Gasvroutak – Redelinghuys
Opening – Ds. Jan van Schoor - Die volheid van die lewe behoort aan God. Sê vandag JA vir die lewe en bereik die sterre.
Groeteboodskap – Mnr. Van Zyl van der Merwe – visevoorsitter Het Kruis Boerevereniging
PRESIDENTSREDE- en VERSLAG - Me Louwna Hoving
Mev. Louwna Hoving het in haar presidentsrede die ses padtekens van die lewe genoem wat ‘n vrou moet ken as sy op pad is om na die sterre te reik. Hulle is:
Padvurk: dui op die keuses (tussen reg en verkeerd) wat ons daagliks moet maak.
Stop: wys na die stoptekens wat die Here op ons pad bring.
Eenrigting: wys na klaargemaakte keuses wat ons nie ongedaan kan maak nie.
Padaansluiting: dui op die gevare van ‘n afdraaipad wat ons van koers af wil bring.
Geen ingang: dui op sonde en versoekings waaraan ons nie mag toegee nie.
Stilhouplekke: dui op rusplekke (bv. Bybel lees, bid) om nuwe krag en moed te kry.
SPREKER – Me Elna Esterhuyse
Mev. Elna Esterhuyse was die gasspreker en het die VLV lede na die sterre laat reik.
Die moderne neiging is om te wil lyk en wees soos die beroemdes en bekendes. Dit raak later ‘n obsessie en plaas veral die jongmense onder groot druk. God het ons elkeen uniek gemaak, van ons ‘n ster gemaak. Ons het elkeen talente van God ontvang. ‘n Vrou met
toewyding gebruik haar talente om háár ster te bereik, om God se doel met háár lewe te bereik. Sy beklemtoon die eienskappe van ‘n stervrou wat opgesluit lê in die letters van dié woord: sy is Sterk gemaak (deur God se krag), met Teerheid, Eerlikheid, Respek (vir jouself en vir ander), wees ‘n Voorbeeld vir ander, Regverdig en Opreg en God het haar Uniek gemaak.
AANBIEDINGS DEUR SAMEROEPERS
v OPENBARE SAKE
Mev. Martie Carstens, verbonde aan die Wes-Kaapse Kantoor van die Verbruikersbesker-mer, is die gasspreker. Sy gee inligting deur van die nuwe Verbruikerswet wat in Oktober 2010 in werking tree en moedig die konferensiegangers aan om die nuwe wet te lees. Die hoofdoel van die wet is om die regte van die verbruiker te beskerm, veral teen uitbuiting. Sy noem nuttige wenke hoe die verbruiker homself kan beskerm en watter inligting en bewyse van aankope bewaar moet word vir toekomstige navrae.
v LANBOU EN TUINBOU
Mev. Lizelle du Toit noem dat vir die boer lê grond na aan die hart en beleef hy vreugde as hy sien hoe die koring ryp word. Vandag word die vreugde van die koringboer egter verdryf deur die swak koringprys, hoë insetkoste en onsekerheid oor die nuwe seisoen wat meer eise aan hom gaan stel. Koringverbouing is nie meer winsgewend nie en daarmee saam kry die Suid-Afrikaanse boere geen subsidie van die regering nie. Sy doen ‘n beroep op die vroue om vir die koringboere te bid.
v KUNSTE EN HANDVLYT
Die konferensiegangers luister na mev. Sarie Koegelenberg van Aurora se voorlesing van stories wat deur haarself geskryf is.
v OPVOEDING EN KULTUUR
Mev. Esther Strauss lewer ‘n praatjie oor Reik na die sterre. Ons kan dit doen deur ons talente te identifiseer en dit te ontwikkel, deur vrede te maak met ons negatiewe eienskappe en te fokus op ons positiewe punte, deur keuses te maak wat waarde sal voeg by ons talente en deur geloof in onsself te hê.
v GESONDHEID
Mev. Elmarie Cumpsty lewer ‘n inligtingspraatjie oor Noodhulp. Sy noem die kontaknommers van die vernaamste nooddienste en noem die artikels wat in ‘n noodhulptas moet wees. Sy verduidelik breedvoerig wat ‘n persoon moet doen as hy noodhulp moet toepas by ‘n ongelukstoneel. Indien jy die nooddienste ontbied, praat duidelik en gee die regte besonderhede. Dit is belangrik dat ons almal basiese noodhulp opleiding moet ontvang. Sy sluit haar aanbieding af met ‘n vasvra oor die inhoud van ‘n noodhulptas.
v LEEFSTYL
Mev. Henriëtte Smit lewer ‘n praatjie met die tema Dis lekker om te kompeteer. Sy moedig die lede aan om deel te neem aan kompetisies, nie om te wen nie, maar om daardeur te leer. Kompetisies gee ons die geleentheid om nuwe vaardighede aan te leer en om bestaande kennis uit te brei. Begin vroegtydig en doen eers goeie beplanning. Gee veral aandag aan die aanbieding van die artikel.
Prysuitdeling
Die prysuitdeling is deur mevv. Estelle du Plessis en Henriëtte Smit behartig en mev. Engela van Zyl van Redelinghuys het die trofeë oorhandig.
GEBORGDE KOMPETISIE (klop-en-bak botterkoek)
1ste: Aurora 2de: Vredenburg 3de: Hopefield
BORDUURWERK (saamtrekwerk – kersfees prent) : Ria Basson trofee
1ste: Eendekuil
MASJIENWERK (oorlegdoek) : Toerien trofee
1ste: Porterville 2de: Eendekuil 3de: Velddrif
BREIWERK (pop) : P Andrag & Seuns trofee
1ste: Langebaan 2de: Clanwilliam 3de: Velddrif
HEKELWERK (vensterversiering) : Wesgraan trofee
1ste: Velddrif 2de: Langebaan 3de: Aurora
WEEFWERK (paneel) : Weefwerk beker
1ste: Moorreesburg
WISSELAFDELING (kerskous) : Rae Smit trofee
1ste: Langebaan 2de: Porterville 3de: Langebaan
HANDVLYT (kersboomversierings) : Velddrif trofee
1ste: Porterville 2de: Langebaan 3de: Velddrif
KUNS (kersspel) : United beker
1ste: Graafwater 2de: Graafwater 3de: Velddrif
KUNS (Fotografie) : Dirkse van Schalkwyk trofee
1ste: Velddrif 2de: Eendekuil 3de: Graafwater
GEBAK (kersboomkoekies) : Baby Basson trofee
1ste: Vredenburg 2de: Langebaan 3de: Velddrif
LEKKERS (noga) : Hebsiba Richter trofee
1ste: Leipoldtville 2de: Porterville 3de: Graafwater
PRESERVERING (boerjongens) : Hopefield trofee
1ste: Velddrif 2de: Eendekuil 3de: Leipoldtville
MIKROGOLF (vrugtekoek) : Aurora trofee
1ste: Porterville 2de: Hopefield 3de: Clanwilliam
MEESTE PUNTE – HUISVLYT : Rosa Lategan trofee
1ste: Porterville 2de: Velddrif en Leipoldtville 3de: Vredenburg
MEESTE PUNTE – HANDWERK : Lambertsbaai trofee
1ste: Langebaan 2de: Velddrif 3de: Eendekuil
MEESTE PUNTE – KUNS EN HANDVLYT : Louwna Hoving skild
1ste: Graafwater 2de: Velddrif 3de: Porterville
MEESTE PUNTE – TOTAAL : Porterville trofee
1ste: Velddrif 2de: Langebaan 3de: Porterville
10-UIT-10-TAK : René Louw trofee
Langebaan
Konferensie 2010 is op ‘n hoë noot afgesluit – konferensiegangers vorm ‘n vriendskapskring en sing Sal ons ou kennisse ooit vergeet.