Posted on 01 June 2010

Hennah Verster, sameroeper vir Gesondheid, het Welgemoed tak se Mei vergadering gereël. Marie Louw was ‘n gas by die genoeglike geleentheid, waar lede getrakteer is met sang deur Andre de Villiers. Onderwyl Andre gesing het, het lede kon proe aan verskillende likeurs van Marula.

 

Dr S.T. Potgieter was die gasspreker en het die volgende belangrike reëls uitgelê om gesond te kan bly:

 

• Pas jou gesondheid altyd op.
• Staan by jou beginsels.
• Vergeet van foute van verlede.  Sit verlede agter jou voordat jy vorentoe kan gaan.  Al hoe om vorentoe te kan gaan is om te vergewe.  Baie mense verloor hul potensiaal omdat hulle bly vasklou aan die verlede.
• Jy moet ‘n doel hê.  Kry ‘n droom, ‘n ideaal en/of ‘n doelwit.
• Gryp geleenthede aan.  As geleenthede klop, vat dit aan, moenie wag nie.
• Vrees hou jou terug.  Moenie dit toelaat nie.  (Lees “Staan op vir jouself" deur ST Potgieter)
• Hoop – God is die Grootste Geneesheer van alle tye – en loop nou nog steeds op die aarde.

 

Marula likeurs 

 

 

 

 Joy van Rooyen, Marie Louw

 

 

 

Dr S.T. Potgieter en Elise Anderson

 

Comments are closed