Posted on 08 June 2010

VLV Welgemoed het saam met die res van die land Sokkerkoors gevier en meestal van die lede het die vergadering geklee in sportdrag (sokker/rugby) bygewoon. Ons is ook verras deur ‘n aantal manlike gaste by ons vergadering.

 

Ema Strydom – Openbare Sake het die oggend met haar span gereël en daar is lekker gesmul aan tee, koffie, “hotdogs”, koeksisters en “popcorn”.

 

Jeanine Steenkamp (Pearce) Olimpiese Springbokswemmer, waterpolo en driekamp deelnemer het ons vertel van die ervaring by die Olimpiese Spele. Dit gaan nie net oor die kompetisie nie, maar ook oor die ondervindings wat meegemaak is in die Olimpiese “Village”, ontmoetings met atlete van ander wêrelddele en die “ WOW”  van die opening- en sluitingseremonies.

 

Eef de Haast, 71 jarige Argus deelnemer het vertel hoe sy in 1989 begin fiets ry het en sedertdien elke jaar in die wedren deelgeneem het.  Sy beplan om later die jaar per fiets langs die Danuberivier te ry.  Fietsry is by haar ‘n passie en sy glo almal moet ‘n droom hê en dit nastreef.

Freek Burger – Internasionale rugby skeidsregter het die gehoor op die punt van hul stoele gehou met die vertel van gebeurtenisse uit sy loopbaan. 

 

Die teenwoordiges is toe in twee spanne gedeel en 6 mense uit elke span is geblinddoek en moes sokker speel.  Dit het ook met die blaas op vuvuzela’s groot pret versorg.

 

Hennah Verster het ons vermaak en geleer om die “Diski dans” te doen. Dit was ‘n baie prettige oggend en ons vertrou dat almal nou aangesteek is met die Koors wat tans hoogty vier.

 

Die lede het blokkies gebrei en Olga Burger het dit aanmekaar gehekel en die komberse word aan Huis Andries Olivier vir parapleë geskenk.  Ongelukkig kon hulle nie die oggend bywoon om dit in ontvangs te neem nie.

 

 

  

 

 Joy van Rooyen, Eef de Haast, Jeanine Steenkamp, Freek Burger en Marie Louw.

 

 

 

 Ema Strydom en  Hennah Verster.

 

 

 

 Diski Dansers.

 

 

 

Olga Burger en Joy van Rooyen met komberse.

Comments are closed