Posted on
09 June 2010
Chrisna de Villiers, Bramaan-stoetteler van Migdol, het Vryburg VLV besoek om lede meer te vertel oor die rol van die vrou in landbou. Sy het 'n noue band met haar diere deur eerstens hul vertroue te wen. Sy glo ook dat die vrou steeds vrou moet bly, daarvan getuig haar byderwetse uitrusting.
Arine Bosch, koördineerder van die vergadering, het 'n kers aangesteek vir al die slagoffers van plaasmoorde en vertel hoe aartappels in motorbande gekweek kan word.
Arine Bosch en Chrisna de Villiers.
