Posted on
14 June 2010
Adeline Badenhorst (op die foto) het met die Leefstyl vergadering op 11 Mei die dames ingelig van hoe belangrik kleur met binnenshuis versiering is, veral met die versiering van kinderkamers. 'n Kind wat 'n introvert is, sal verkies dat sy/haar kamer met sagter gedempte kleure geverf en versier word, waar 'n ekstrovert meer van helder vrolike kleure sal hou.

Melana Moller, Presidente van die Oranje Blomme Unie, bied 'n werkswinkel aan vir die Drie Riviere VLV Blommeklub Douglas op Saterdag 8 Mei met die tema : Fantasie met loof. Melana het die dames geleer om loof te knip, manipuleer, vleg en ook ryg om verskillende vorms te verkry, waarmee dan gerangskik kan word, veral ook in tye wanneer blomme baie skaars is.

Amanda, verteenwoordiger van Stark Ayres in Kimberley, was die spreker op 8 Junie tydens die Junie vergadering, afdeling, Landbou. Op die foto is sy links in gesprek met Marie Jacobs en Ria Badenhorst. Amanda (middel) het baie praktiese raad rakende die bemesting en ook gebruik van gif vir pragtige tuine in die komende nuwe seisoen gegee.
