Posted on
19 June 2010
Roselle Edwards (sameroepster van Gesondheid) het tydens haar pas afgelope VLV vergadering die Hofmeyr Gimtrimgroep genooi om op te tree.
Talle van die Gimtrimlede is ouer as 70, en het fiks en gesond voorgekom terwyl hulle onder leiding van Ronel hul passies en oefeninge uitgevoer het. Geeneen het eers uitasem gelyk na die rits oefeninge wat vir sowat 'n halfuur aangehou het nie. Die lede van Hofmeyr gimtrim getuig van dramatiese gewigsverlies sedert hul aansluiting by die groep, en dit was ook baie duidelik dat daar geen stywe spiere meer oor is nie. Elkeen is flink, vinnig en fiks, en elkeen kon elke oefening sonder enige inspanning uitvoer.
Selfs persone wat hartomleidings en heup- en knievervangings gehad het, het deelgeneem, en dit baie geniet, sonder enige nadelige gevolge.

Ronel Visser van Hofmeyr Gimtrim in aksie tydens die pas afgelope VLV vergadering.

4 lede van Hofmeyr gimtrim besig met hulle oefeninge tydens die Hofmeyr VLV vergadering. Van links na regs: Theuns, Lien, Suzie en Truda.

Truda Beukes (70 +) en reeds vir bykans 40 jaar VLV lid, het tydens die pas afgelope VLV vergadering saam met die Hofmeyr Gimtrimgroep opgetree. Lyk sy nie fiks en gesond nie?