Posted on
21 June 2010
Annamarie Rich het met ons die tema: “Binnehuisversiering met wat jy het” kom deel onder die volgende punte:
1. Skuif jou meubels ‘n slag op ‘n ander manier.
2. Pak reg, weg en raak ontslae van oortollige goed.
3. Kyk wat is op jou kombuis se werkoppervlaktes, op jou bedkassie en badkamerkassie, pak die oortollige goed weg.
4. Ruil van tyd tot tyd die goed wat jy uitstal om met ander wat jy nou gebêre het.
5. Dit maak regtig ‘n groot verskil aan jou binneversiering as die plek netjies is.
6. Gebruik bêrehouers en maak dit deel van jou dekor.
7. Sorg dat die balans op n tafel, rak en in die kamer reg is.
8. Gebruik ou goed op ‘n nuwe manier. Bv doilies op ‘n tafeldoek of deken was gewerk.
9. Gebruik spieëls op verskillende maniere, sit dit in ‘n ou raam of in die middel van ‘n tafel met ‘n blompot vol blomme daarin.
10. Kussings:
Ou kussings sit bv. kraletjies, koort of tossels aan en hul het ‘n nuwe lewe;
Ou gehekelde tafellappies kan in kussingslope verander word;
Werk ‘n kantjie aan ‘n kussingsloop en trek die boonste kussing daarmee oor;
Maak lang kussings vir ‘n verandering.
11. GEBRUIK jou goed!!!!!!! Moenie dit bêre vir jou kinders of die 2de vrou nie. Hulle gaan dit nie waardeer nie!!