Posted on
02 July 2010

Coenraad Grabe de Villiers, boorling van Bloemfontein, en beter aan ons bekend as die nimlike ikoon van Afrikaanse musiek, Coenie de Villiers, is vanjaar die VLVK Dankie Sê Persoon.
Coenie is ‘n sanger, liedjieskrywer, ankeraanbieder van Kwêla, wenner van verskeie Suid-Afrikaanse musiekpryse en ‘n man wie se artikels al in De Kat, INSIG en Sarie verskyn het. Kortom, ‘n bekende en geliefde kunstenaar wat reeds diep spore in die Suid-Afrikaanse radio- en televisiebedryf getrap het.
VLVK is baie opgewonde oor sy vertoning tydens die Kongres Kultuuraand in die Hoërskool Adamantia Saal, Kimberley op Dinsdagaand 17 Augustus.