Posted on
06 July 2010
Graafwater tak het tydens hulle Landbou vergadering die aartappel laboratorium by die Laubscher-familieboerdery besoek. Elize Maree het hierdie interessante proses van ontwikkeling vanaf die saad tot by die plantjies breedvoerig aan almal verduidelik. Die vergadering is voortgesit by Donkieskraal, waarna almal gesellig verkeer het met tee en verversings.

