Posted on 10 August 2010

Welgemoed se dames het eers lekker gekuier met 'n koppie tee en smaaklike eetgoed.  Johanna Steyn het ons besoek en gesels met Elsabe du Plessis, ons spreker. 

 

Elsabe het skinkborde met pinotage konfyt, relish, kerrie, olywe, brood, mengsel van knoffel, olyfolie en balsamic reduksie, klein vleis frikkadelle en aarbeie voorgesit om te proe. Die lede kon toe heerlik eet terwyl sy vertel het van hul plaasbedrywighede in Wellington. 

 

Op die plaas maak Elsabe verskeie konfyte, olyfolie, asook gebottelde en gedroogde olywe.  Sy het vertel hoe 'n wingerdstok geënt word om die verskillende druifsoorte te kan verkry. Elsabe het ook baie lekker maklike resepte gedeel so tussen haar praatjie deur.  Op die plaas maak hulle  ook 'n verskeidenheid wyne en sy het ons vertel van die agtergrond van elkeen van die variëteite.
 
Bydrae deur Elsabé Schlecter.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Comments are closed