Posted on 12 August 2010

Met GOODWOOD se Openbare Sake-vergadering het Ina Lubbe (middel) van Creative Minds die lede oor die voordele van rekenaargeletterdheid kom toespreek. Dit is verbasend om te sien hoeveel ouer lede rekenaargeletterd is.  Baie lede se kinders woon oorsee en hulle skype graag. Links is Aletta van der Merwe (sameroeper) en Bes van Zyl (regs) het haar bedank.

 

 

 

 

Ook tydens die OPENBARE SAKE-vergadering het A.O.Wayne Theunis van Goodwood SAP die lede bewus kom maak van paraatheid, o.a hoe om jouself tuis en in winkelsentrums te beveilig. Regs is die sameroeper, Aletta van der Merwe.

 

 

 

 

GOODWOOD se voorsitter,Wenda Preuss (links) het aan Nel Harteveld haar 30-jaar knopie oorhandig.

  

Comments are closed