Posted on 28 August 2010

Nellie Viljoen het nuus gestuur oor Vryburg se Openbare Sake vergadering.

 

Louwna Pretorius, plaaslike raadslid, het Vryburg VLV besoek om lede in te lig oor probleme wat tans in plaaslike munisipaliteit bestaan. Dienslewering bly ‘n probleem maar alle klagtes wat via haar aangemeld word, sal die nodige aandag kry. Kiesers word gemaan om seker te maak van hul registrasie as kiesers met die oog op die plaaslike verkiesings wat in 2011 sal plaasvind.

Dit is elke inwoner se reg en voorreg om te gaan stem.


Maryke van der Westhuizen het ‘n werkklas aangebied in teesakkie-vouwerk wat baie byval by lede gevind het. Verskillende voumetodes is geoefen om later op kaartjies te gebruik.


By die geleentheid is erelidmaatskap van die tak toegeken aan Tannie Irene van der Vyver. Sy is reeds 40 jaar lid van die tak en was vir 25 jaar die tesourier.

  

 

Maryke, Sannie Retief (aanbieder van die vergadering) en Louwna Pretorius

 

 

 

Hester Pretorius (voorsitter) en Irene van der Vyver

 

Vyf lede van Vryburg VLV het die jaarlikse kongres in Kimberley bygewoon.
Almal het die kongres terdeë geniet, dankie Kimberley en Griekwaland-wes vir al ons geskenkies!

 

Memory Scholtz, Nellie Viljoen (sekretaris), Sannie Retief (visevoorsitter), Gezina Bruwer, Hester Pretorius (voorsitter)

  

Comments are closed