Posted on 19 September 2010

De Aar tak was bevoorreg om die plaaslike koerant en drukkery te kon besoek.  Dit was baie interessant om die hele proses wat gevolg word om die koerant op straat te kry, te kon beleef.  Die nuus word ontvang en getik.  Die verskillende berigte word dan uitgesny en op n groot bord word die berigte en advertensies op elke bladsye ingepas waarna dit gedruk word.  Die Echo is een van die min koerante in die land wat nog met die hand gevou word.  Die mense wat dit doen is ongelooflik vinnig. 

 

Terug by die saal het die SAPD se Honde Eenheid ons ingewag.  Sjoe! Hoe ongelooflik is die hond nie!!  Hulle het die hond toegemaak en dwelms oral weggesteek, waarna die hond dit sommer in ‘n kits uitgehaal het.  Dit was baie interessant om te verneem dat die honde glad nie weet wat dwelms is of dat dit gevaarlik is nie, hulle soek dit want dis iets om mee te speel en die soek na die dwelms is ‘n speletjie!  Die dames kon ook die verskillende dwelms besigtig. 

 

 

 

Besoek aan die Drukker.

 

 

Saam met die SAPD Honde Eenheid.

Comments are closed