Posted on 12 October 2010

Relay for Life, fondsinsameling vir KANSA, het op 2 Oktober te Heidelberg plaasgevind. Soos gewoonlik het die VLV ook as ‘n span deelgeneem. Dit was weereens ‘n groot sukses – inteendeel, dit was ‘n weghol sukses! Natuurlik danksy elke persoon wat dit bygewoon het en elke span wat deelgeneem het. Die gees en entoesiasme van beide deelnemers en ondersteuners, was aansteeklik.

 


Die spanne was kleurvol aangetrek in al die kleure van die reënboog en die baniere het vroegdag al in die windjie gewapper. Stalletjies is opgemaak en die vure is sommer vroeg al brand gesteek. Daar was heerlike eetgoed en VLV Heidelberg het pannekoek gebak. Die pannekoek-wins is ook aan KANSA geskenk.

 

 

 

Vlnr. Maretha Wessels Nicky Gosling, Helene van Rensburg, Neelie Jacobs, Mei Heyns, Joy Wessels, Hanlie Uys, Driekie Uys, en Nellie Venter

Comments are closed