Posted on 19 October 2010

Cradock VLV het die afgelope week hul jaarlikse Potpourri vergadering in die Schreiner museum gehou.  Tydens die geleentheid het Poppie Coetzee en Annatjie Louw as sameroepsters opgetree.  Poppie het 'n demonstrasie gelewer rondom servetplakkuns, en elke lid kon agterna 'n geskenkie in die vorm van 'n spierwit klip as papiergewig wat versier is met servetplakkuns, saamneem huis toe.  Poppie het al die geskenkies vooraf gemaak en by die vergadering kom uitdeel.
 

Annatjie Louw het drie matriekleerders van Hoër Landbouskool Marlow genooi om te kom optree.  Johan Greyling (Bongo), Richard Barnard (Foxy) en Rudolph Opperman (Reier) het die dames kom vermaak met sang en kitaarmusiek en moes selfs 'n toegif lewer. 


Die geleentheid is afgesluit met tee en eetgoed en die dames kon nog vir 'n wyle saamkuier voordat daar huiswaarts gekeer is.


 

v.l.n.r:  Ria Meyburgh (Voorsitter Cradock VLV) hier saam met Poppie Coetzee & Annatjie Louw.  Poppie en Annatjie was verantwoordelik vir die onlangse vergadering wat in die Schreiner Museum op Cradock gehou is.

 

 

 

v.l.n.r.:  Johan Greyling (Bongo), Richard Barnard (Foxy) en Rudolph Opperman (Reier) het kom musiek maak om die dames te vermaak.

 

Comments are closed