Posted on
20 October 2010
Mev. Johanna Liebenberg het vir die afgelope 14 jaar as hoofbeoordelaar by Strand VLV diens gedoen by die beoordeling van Naaldwerk en Leefstyl. Sy het werk van hoogstaande gehalte gelewer. Haar oë het egter sodanig verswak dat sy nie meer kan voortgaan nie. Strand VLV eer haar vir die tyd en energie wat sy ingesit het.

Mev. Nell Le Roux (foto onder) het 18 jaar lank die Marktafel van VLV Strand beman. Sy het al die artikels wat te koop aangebied is met groot noukeurigheid behandel en gesorg dat elkeen sy geldjie kry en die Strand tak sy persentasie.
Ongelukkig het haar gesondheid in so 'n mate verswak dat sy nie meer kans sien vir die werk nie. Ons eer haar vir die goeie werk en wens haar sterkte toe met haar gesondheid.
