Posted on
20 October 2010
Magda Jacobs, breinprofiel- en leerspesialis, van die Neuro-link het Vryburg VLV besoek.
Faktore wat leer beperk is brein onfiksheid, stres, negatiewe denke, leervaardighede, fisiese ongesteldhede en tekorte in die dieet. Die karaktertrekke van die dominante kant van die brein beïnvloed die kind se optrede en leermetodes. Linkerbrein dominansie dui gewoonlik op logika, detail, feite, beplanning en take. Hulle is sistematies, teoreties en gestruktureerd. Regterbrein persone is kreatief, impulsief, spontaan, prakties. Hulle is mensgeoriënteerd, leer deur praat en kan verskillende dinge gelyktydig doen. Daar is egter baie ander faktore wat ook die leerproses kan beïnvloed. Leerontvanklikheidsprofiele kan skoolresultate verbeter omdat kinders meer effektief leer en studeer.
Marthie Grobler het die gebruik van loof in rangskikkings gedemonstreer.
Die tak het ‘n boekie “Verse vir vriendinne” bekend gestel. Hierdie kleinood bevat byna 200 aanhalings oor vriendskap, ma’s en susters en is die ideale geskenk vir elke vrou.
Op die foto is: Magda Jacobs, Nellie Viljoen (sameroeper) en Marthie Grobler
