Posted on
21 October 2010
430 persone het deelgeneem en 600 artikels is ingeskryf in verskeie afdelings.
Brode, koeke, klein koekies en beskuit, preservering en helder likeurs was te sien in verskeie afdelings. Fotografie en skilderkuns was die mees populêre afdelings. Veral die kinders het flink deelgeneem.
Verrassend genoeg het die kinders ook heelwat inskrywings in gebak (versierde kolwyntjies) en handvlyt (kruise in mosaïekwerk) gehad . Hulle het ook fluks aan herwinning deelgeneem. Die jongspan kon nie wag vir hul name tydens die prysuitdeling nie en het trots hul pryse gaan haal.
Beste op skou was ‘n besondere kruissteek artikel van Bertha Laubscher.
Saterdag het veteraan motors daar kom uitstal. Dit het heelwat mense gelok en die kafee moes net rondstaan om almal gehelp te kry. Verder is daar ook plante, gebak en rottangwerk(deur blindes gedoen) te koop aangebied. Mnr Meyer met sy geliefde skoenlappers was ook daar.
Beriggewer: Elsabe Schlechter




