Posted on
22 October 2010
Velddrif tak het 'n suiwelboer, Ruben Kotze van die plaas Langrietvlei as spreker gehad vir die Landbou & Tuinbou portefeulje. Hy het vertel van sy ondervindinge as melkkoei beoordelaar plaaslik en oorsee. Die teëlprogram van elke Guernsey koei op sy plaas is in detail beskryf. Dit is ongelooflik om te dink dat daar nog net 2 melkboere in die Weskus oor is van die oorspronklike 146! Al die produkte wat vervaardig word is suiwer, geen preserveer- of kleurmiddels word gebruik nie. Ruben produseer kase, joghurt, plaasbotter en vars Guernsey melk wat in Saldanha en Vredenburg verkoop word.
Openbare Sake het 'n pragtige uitstalling van boeke en eiers gehad om met Wêreld eierdag op 31 Oktober saam te val.
Cornelia Marais van Leefstyl het gedemonstreer hoe om maklike omelette te maak wanneer gekamp word.
Beriggewer: Vera Winterbach

Ruben Kotze

Kaassoorte

Omelet demonstrasie

Uitstalling