Posted on
31 October 2010
Die VLV lede in Langebaan hou nie net daarvan om saam te drink nie, maar geniet dit ook om saam iets nuuts te leer. Twee baie geslaagde "teesakkievou" - werkswinkels is al gehou en die lede het dit baie geniet om te sien hoe die klein vierkantjies in die pragtigste patrone gevou kan word.
Hennah Greeff die Kunste en Handvlyt Saamroeper het baie moeite gedoen en self al die verskillende tegnieke gevou as voorbeelde vir die werkswinkels.

Hennah Greeff (Saamroeper) demonstreer een van die tegnieke.

Corrie Slabber (heel regs) gee vir Hettie Hanekom raad.

Grieta Truter, Trudie de Goede en Hettie Hanekom konsentreer om die vouwerk reg te kry.

Hanita le Roux en Estelle Du Plessis besig om die instruksies te lees.