Posted on
09 November 2010
Colesberg se plaaslike veearts, Dr. Charmaine Rous, gee belangrike feite oor Slenkdalkoors.
Alle plaasdiere, met uitsondering v.d. vark, word geïnfekteer deur muskiete en steekvlieë. Dis onwaarskynlik dat die mens deur die muskiet besmet word, maar wel deur oop seerplekke wat in aanraking kom met besmette karkasse, asook die gasse wat vrygestel word wanneer ‘n besmette karkas oopgesny word. Om Slenkdalkoors by diere te voorkom, moet hulle jaarliks ingeënt word. Daar is tans geen teenmiddel vir die mens nie, behalwe in Amerika.
Hierdie siekte hou 3 gevare in vir die mens:
1. Die virus kan die oë aantas, wat permanente skade veroorsaak.
2. Die brein en senuweestelsel kan aangetas word, maar lei nie tot die dood nie.
3. Die lewer word aangetas, wat veroorsaak dat die organe begin bloei, wat lei tot die dood.
Muskieteiers kan tot 30 jaar bewaar bly. Wanneer daar bogemiddeld reën val saam met voldoende hitte, broei die eiers uit. Omdat hierdie virus redelik swak is, word dit maklik vernietig. Moet liefs nie ongepasteuriseerde vars melk drink nie. Verkoel ‘n skaapkarkas vir 24 – 48 uur voor die vleis gaargemaak word. Die lig en lug waaraan biltong blootgestel word, is voldoende om die virus te vernietig.

Dr Charmaine Rous en Juanita du Plessis, Voorsitter Colesberg.