Posted on 15 November 2010

Die VLV Kimberley tak het ‘n “amazing race” deur Kimberley se strate aangebied. 

 

Elke motor wat ingeskryf het, het ‘n boekie en ‘n kaart ontvang met riglyne van watter plekke om te besoek en wat daar moet gebeur.  Dertien spanne, waaronder gesinne, besighede, vriende en VLV vroue, het aan die kompetisie deelgeneem. 

 

Elke span moes hulle roete fyn beplan en sorg dat hulle die vrae by elke punt korrek beantwoord.  Party het maar gesukkel om vir 5 minute fiets te trap by Virgin Active en dit was nie so maklik om die skoenwinkel by die Oop myn op te spoor nie.  En waar is die Halfway House en Cecil John Rhodes se standbeeld nou weer?

 

Dit was groot pret en ‘n goeie geleentheid om verskillende historiese plekke in Kimberley te leer ken.  Die wenspan (‘n jong span van PWC) het binne ‘n uur al die plekke besoek en die vrae reg beantwoord.  Hulle het ‘n naweek vir 6 persone in die Witsand Natuurreservaat gewen.

 

Die aand is afgesluit met ‘n lekker mandjiedans in die Regimentsaal.

 

Beriggewer: Soekie Hauptfleisch

 

 

 

 Deelnemers by die standbeeld van Sol Plaatjie.

 

 

 

 Die Koekemoer gesin gooi R10 se brandstof in.

 

 

 

Ma en dogter span by Cecil John Rhodes gastehuis.


 

 

Op die trem by die Oop Myn.

Comments are closed