Posted on 21 November 2010

Porterville tak se bestuur, verantwoordelik vir die beplanning en reëlings van die jaarlikse afsluitingsvergadering, het ‘n onvergeetlike middag by Graanhof, ‘n plaaslike onthaallokaal, vir die lede aangebied.  Magda van der Merwe het die vergadering op ‘n gepaste wyse geopen. 

 

Ds. Cornie van der Merwe was die gasspreker met die tema Aanhouer Wen. God gee ons die vermoë om te volhard sodat ons sukses kan behaal. Gebed speel ‘n onmisbare rol in hierdie proses. Die persoon wat gedwing word om op die knieë te bly, te volhard in gebed, is baie sterker as die persoon wat staande is. Aangesien hulle vroeg in 2011 verhuis, word spesiale wense aan ds. Cornie en sy vrou, Magda, oorgedra en ‘n geskenk aan hulle oorhandig.

 

Diensjaar kentekens is aan die volgende persone oorhandig: 

Hendrihette Cruywagen, Brix Visser en Lydia Liebenberg (10 jaar)

Lena van der Merwe (40 jaar)

 

VLV kentekens is aan Ann Loubser en Alet Steenkamp, ons  twee nuwe lede, oorhandig.  Veertien lede is beloon vir 100% bywoning.

 

Die volgende lede het trofeë verower:

Hessie Kühl (mikrogolf)

Lydia Liebenberg en Magda van der Merwe (gebak)

Magda van der Merwe (preservering en lekkers)

Hessie Kühl en Magda van der Merwe (handvlyt)

Magda van der Merwe het die trofee vir die algehele wenner verower.

 

Een van die hoogtepunte van die middag was die bekendmaking van die Geheime Vriendinne.  Geskenke is oor en weer uitgedeel met groot pret en verbasing oor wie jou geheime vriendin deur die jaar was.

 

2010 was vir elke lid ‘n wonderlike en leersame jaar en daar word nou al uitgesien na 2011 met sy tema Aanhouer Wen wat ons prakties wil uitleef.

 

Beriggewer: Hessie Kühl  

 

 

 

 

Nuwe lede saam met Louwna Hoving.

 

 

 

Hierdie dames, op die foto saam met Louwna, is alreeds 10 jaar lank lede van VLV.

 

 

 

Lena van der Merwe en Louwna.

 

 

 

Magda van der Merwe, algehele wenner, hier saam met Louwna.

Comments are closed