Posted on 03 December 2010

In Maart 2009 het die Bestuur van VLV Piketberg ‘n uitnodiging gerig aan lede om hul huishulpe te bring na ‘n vergadering waartydens die dek van ‘n tafel en ‘n skinkbord aan hulle demonstreer is.  Hierdie was die eerste in ‘n reeks vergaderings wat 2 maandeliks aangebied is aan “Vroue van Môre”.

 

Met Lizelle du Toit as voormalige voorsitter van Piketberg tak en Marthie du Toit as projekleier is in 2010 begin om vergaderings maandeliks aan te bied.  Vroue van Môre het tans ‘n volwaardige bestuur met ‘n voorsitter en sekretaris uit eie geledere en sameroepers van studierigtings identies aan dié van VLV.       

 

Die vroue het as projek ‘n laslappiekombers gemaak en op 4 November 2010 ‘n baie aangename en suksesvolle “Piketberg Lappieskombers” aand aangebied waartydens hulle hul jaarlikse werksaamhede afgesluit het.  Die idee van die lappieskombers was om aan te toon hoe elke vrou, ongeag wie sy is of waar sy vandaan kom, in ‘n groter geheel inpas. Die spreker van die aand was prof. Elain Vlok, Clover se Mama Afrika, met Aanhouer Wen as tema. Die vroue het ‘n konsert die lig laat sien om ander ‘n kykie in hul huislike lewens te gee. Kol. Caroline Naidoo het na afloop van die verrigtinge opgemerk dat weens die groot mate van drankmisbruik, huishoudelike geweld ‘n werklikheid is waarvan almal in ‘n gemeenskap nie bewus is nie.  Lewendige akteurs uit die gemeenskap en ‘n ontvanklike gehoor uit Piketberg en gaste uit Sirkel Weskus en omgewing het dit ‘n geleentheid gemaak om lank te onthou. 

 

Piketberg VLV is trots op Marthie – tak sameroeper van die afdeling Openbare Sake - wat afgesien van uitdagings waarvoor sy daagliks te staan kom, nog groot planne het met hierdie droom van haar wat steeds besig is om in ‘n werklikheid te omvou.

 

Beriggewer: Dinette Lochner

 

 

 

vlnr Marthie du Toit, Prof Elain Vlok, Lt Kol Caroline Naidoo

Comments are closed