Posted on 10 February 2011

Die eerste vergadering van 2011, het afgeskop op Woensdag 9 Februarie 2011 met ‘n Gesondheidsvergadering te Skrik van Rondom, plaas van Mnr Hennie van Zyl te Redelinghuys. 

 

Mnr van Zyl vervaardig in samewerking met ‘n Amerikaanse dokter tablette / medikasie waarvan die hoofbestanddeel kruie is.  Hy het verduidelik wat gebruik kan word vir cholesterol, hoë bloeddruk, spastiese kolon, ens.

 

Die gesondheidsoord is nog in sy kinderskoene, maar beskik oor die volgende:
• Swembad
• Borrelbad
• Lesinglokaal
• Sauna
• Masseerlokaal
• Kamers vir gaste om tuis te gaan

Daar word alreeds verskillende behandelings aan kliënte beskikbaar gestel.

 

Almal het die vergadering baie geniet, want hoe gelukkig kan ons nie wees om ‘n gesondheidsvergadering in die natuur te kan bywoon nie, omring met plante rondom jou en boonop word besoekers met ‘n rooibostee parkeerarea begroet.

 

Beriggewer:  Elmarie Cumpsty

 

Mnr Hennie van Zyl (spreker), Sandra van Zyl (sekretaresse), Elmarie Cumpsty (voorsitter)

 

 

Die Gesondheid sameroeper Anetta Blaauw is deur die aanloklike blou water van die swembad “geroep”  - Hier “kroon” Elmarie Cumpsty haar as Eendekuil tak se waternimf.

 

 

Comments are closed