Posted on
27 February 2011
Dis met groot hartseer dat Kleinmond tak afskeid neem van ons visevoorsitter, Vi Honiball, in die ouderdom van 84 jaar. Sy is Maandag, 21 Februarie 2011, skielik oorlede.
Ons sal Vi onthou as ‘n ware dame wat haar werk by die VLV met deernis en soveel liefde gedoen het. Sal ons ooit haar uitsonderlike borduurtalent vergeet? Sy kon pragtig borduur en het vele meesterstukke gemaak. Sy het vir ons tak ‘n pragtige vaandel borduur en het ook haar talent met menige vroue, vir wie sy borduurklasse gegee het, gedeel.
Vi het maandeliks gesorg dat elke lid wat verjaar ‘n mooi handgemaakte notaboekie kry as geskenk van die tak. Al hierdie mooi herinneringe is vasgepen in ons harte en ons eer haar nagedagtenis.
Sy het in 1990 by die VLV aangesluit en in 1994 word sy sameroepster van Naaldwerk. In 1997 word sy tot Visevoorsitter verkies. Met ons eerste algemene vergadering van die jaar het sy haar kenteken vir 20 jaar diens ontvang.
So now it’s time for us to say goodbye, so let’s bless the memories in our hearts. Life must go on, and so must we. FAREWELL our dear gentle Lady.
Beriggewer: Nelia Theunissen


