Posted on 11 March 2011

Hierdie tafelruiker vir 'n kombuistee, wat volgens voorskrifte in 'n kombuisartikel rangskik is, het met die louere weggestap by Sirkel Cradock se konferensie te Pearston.  Die rangskikking is deur Hofmeyr tak ingeskryf, en het 'n dubbelgoue toekenning en 90% behaal.  Die beoordelaar by die geleentheid was Sarah van der Walt en Hofmeyr tak het ook die 3de plek behaal met 'n verdere rangskikking.

 

 

 

Kookhuis tak het hierdie rangskikking ingeskryf en 84 % behaal. Dit het die tweede plek op konferensie verower.

 

 

 

Trourokke uit 'n vorige era het die ingangsportaal van Pearston Country Inn versier waar die pas afgelope Sirkel Cradock VLV konferensie gehou is. 

 

 

 

Maak 'n plan met 'n Sirkelpresident!
Die bestuur van Cradock Sirkel het hulle hande vol gehad met hul Sirkelpresident, Ronell Herselman, en het haar toe maar agterin 'n bakkie gelaai toe hul op 'n uitstappe gegaan het na die museum van Marianne Palmer op Cranemere in die Pearson distrik.  Hierdie het deel uitgemaak van die buitevermaak wat aangebied is vir die bestuurslede van Sirkel Cradock voor die aanvang van Pearston se konferensie in die Pearston Country Inn.  Die aand is afgerond met 'n keurige fondue in die Inn.

 

 

Comments are closed