Op 28 Februarie 2011 en 1-2 Maart 2011 het Sirkel Suid-Karoo, nieteenstaande ‘n knellende droogte te Beaufort-Wes, ‘n baie suksesvolle Sirkel Konferensie aangebied.
Om 8:00 op 1 Maart begin die konferensie, met die hooftema AANHOUER WEN. ‘n Voorlesing van Linda Mocke laat die dames skaterlag.
Desiree Lund, het ‘n baie interessante aanbieding , oor die ontstaan en gebruike van die nederige klerehanger.
Kuns & Handvlyt se komiese “stoepstories” geskryf deur Melaine Brand en opgevoer deur Melaine en Elzabe Olivier van Sutherland, kry die dames in ‘n ontspanne gemoedstemming.
Ons leer ook meer oor polimeerklei, die SKA Projek te Carnarvon, hoe om te herwin en die seer van nierstene.
Mnr Hein Rust, van die Distriksmunisipaliteit kom vertel ons van die herwinning van rioolwater, wat Beaufort-Wes genoodsaak was om te begin, om hul boorgatwater aan te vul. Elke dame kry ‘n botteltjie van die gesuiwerde water.
Tydens die verkiesing van ‘n sirkel visepresident, word Me Melaine Brand van Sutherland vir die volgende 3 jaar verkies en as sirkeltesourier, Me Elzabe Olivier van Sutherland.
Die Sirkelpresident, Me Loraine Symington, noem in haar Presidentsrede ‘n paar faktore wat ons moet besit om as wenner bo uit te kom, naamlik geloof, volhardingsvermoë, liefde, aanpassingsvermoë en ‘n doelwit.
Die aand tydens die amptelike opening word almal verras met die vindingryke versierings van die tafels in die skoolsaal vir die dinee. Die gasspreker, Ds. Rene Potgieter, eerste vroulike leraar van Beaufort-Wes inspireer ons weereens met Aanhouer Wen.
Beriggewer: Loraine Symington

Voor: Me Melaine Brand Sutherland, Loraine Symington Sutherland, Desiree Lund Beaufort-Wes
Agter: Me Marie Gerber Klaarstroom, Daleen Coetzee Prins Albert, Cecilia Louw Williston, Annatjie Visser Fraserburg, Hetta de Villiers Merweville.

Sirkelpresident Loraine Symington en Visepresident Melaine Brand.