Posted on
23 March 2011
Mnr Corne Erasmus, 'n marine bioloog, is betrokke by die navorsing oor die Zambezi-haai in die Breërivier. In 2009 het navorsers 'n reuse dragtige wyfie haai van 4 m lank daar uitgetrek . Hulle het haar "Nyami-Nyami" gedoop. Dit is die grootste bulhaai wat tot nog toe gevang is. Die haai is 360 km verder suid aangetref as wat dit gewoonlik voorkom. Dit kan in see- en varswater oorleef. Hierna is twee volwasse bulhaai mannetjies gevang en gemonitor.
Op die foto v.l.n.r. Wenda Preuss (voorsitter), Joan le Roux, Corné Erasmus en Karin Marais (sameroeper).

Mnr. Johan Loubser het tydens GOODWOOD se Opvoedingsvergadering in Februarie 2011 oor sy stokperdjie, Genialogie, gesels. Hy het baie interessant vertel waar sy stamvader vandaan kom en kon sy hele familie naspoor. Hy is baie passievol en het sekerlik baie lede se nuuskierigheid oor hulle herkoms geprikkel. Saam met hom op die foto is Joey Redelinghuys.
