Posted on
24 March 2011
Portefeulje: Kuns en Handvlyt.
Robertson tak het die voorreg gehad om vir Pauline Müller-Dews as gas te hê tydens die Kuns & Handvlyt portefeulje vergadering. Pauline, ‘n gebore Suid-Afrikaner wat nou in Frigliana, Spanje woon het oor haar skilderkuns gesels.
Sy skilder met koffie. Iets wat sy toevallig ontdek het terwyl sy Spaanse koffie op die Spaanse manier - uit glase - gedrink het. Sy het toevallig van die warm koffie op haar sketsboek gestort en so het haar unieke kuns begin. Sy werk selfs met rooiwyn en ink.

Pauline skilder ook met olieverf op seil in die pragtige helder Spaanse kleure. Elke skildery vertel sy eie storie. Sy het haar eie webwerf waar haar werk besigtig kan word.
www.paulinemuller.wordpress.com

Op die foto is LNR: Sunette de Villiers (voorsitter) Pauline Müller-Dews en Griet Viljoen (lid).